top of page

Wie is Juffrou Tanja?

Ek is 'n gekwalifiseerde onderwyseres wat spesialiseer in Remediërende Onderwys. My groot passie is om te werk met kindertjies wat leerprobleme of agterstande het en dus sukkel om by die vinnige spoed van die klasaktiwiteite te bly.

 

Ek glo dat elke kind uniek en spesiaal is. Elke kind het potensiaal en dis vir my 'n groot voorreg om daagliks met kinders te werk met die doel om hul volle potensiaal te bereik.

 

Foto: Juffrou Tanja en twee van my vorige leerdertjies.

Verwysings:

"Tanja het wonderwerke verrig met my seun in 'n baie kort tyd. Ons was verstom oor hoe vinnig ons resultate gesien het. My seun sien uit na sy klasse by Tanja en geniet elke een van hulle.

 

Die intensiewe en een-op-een aandag wat Tanja verskaf sal ek enige tyd aanbeveel."

 

 

Marie Botes

079 936 8590

“Armand het vanaf die tweede kwartaal remediëring ontvang by Tanja. Sy punte het reeds in die derde kwartaal ‘n groot  verbetering getoon en dit is alles te danke aan Tanja.

Ek kan verseker enige kind met ‘n leer probleem aanbeveel om hulp te kry by haar.

 

Dankie vir jou toewyding en al die geduld.”

 

Waldelie Jansen van Vuuren

083 381 7441

 

"Tanja het my en my kind se lewens verander.

Dankie vir jou toewyding en geduld om elke week met hom te werk en die beste uit hom te bring.

Elke week sien ons resultate!

Jy is ons engel!"

 

Karen Harmse

083 210 2182

"Tanja het die besonderse vermoë met kinders wat hulle nie net 'n positiewe gesindheid gee teenoor skoolwerk en ekstra klasse nie, maar ook 'n wesenlike verskil maak in hulle punte. Tanja is die eerste persoon op wie my seun so spontaan positief reageer en so gou ook!"

 

Tanya Rosslee

076 411 7886

NB: Fotos op die blad is van die internet af gekry om die identiteit van my leerders te beskerm.

    bottom of page